Nuwe pogings om Zim-dollar te stabiliseer

Zimbabwe werk aan nuwe maatreëls om sy geldeenheid te stabiliseer, insluitend die koppeling van die wisselkoers aan harde bates soos goud en die skep van ‘n valutaraad, sê finansminister Mthuli Ncube. Die Zimbabwiese dollar het sedert die begin van die jaar met sowat 40 persent gedaal, benadeel deur die verhoogde vraag na buitelandse valuta van staatsamptenare wat Desember-bonusse betaal word en swakker kommoditeitspryse. Ncube sê die is om seker te maak dat hulle likiditeitsgroei bestuur wat ‘n hoë korrelasie met geldvoorraadgroei en inflasie het. Die manier om dit te doen is om die wisselkoers aan een of ander harde bate soos goud te koppel.