Nuwe Oscar vir beste rolverdeling kom in 2026

‘n Nuwe Oscar – vir beste rolverdeling – gaan van 2026 toegeken word. Die Akademie vir Rolprentkuns en Wetenskap het die besluit geneem na rolverdelingsregisseurs hulle die afgelope paar jaar beywer het vir erkenning saam met ander rolprentkunste soos klank, kostuums, hare, en grimering. Die akademie sê rolverdelingsregisseurs speel ‘n noodsaaklike rol in die maak van rolprente. Die nuwe Oscar bring die aantal kategorieë op 23 te staan. BBC News berig waaghals-kunstenaars beywer hulle ook vir hulle eie kategorie, maar was tot dusver onsuksesvol.