Nuwe Onderwyswet amptelik in werking
Minister van onderwys, kuns en kultuur, Anna Nghipondoka, het amptelik die inwerkingtreding in Namibiese skole van die Wet op Basiese Onderwys, Wet nr. 3 van 2020, aangekondig. Die nuwe wet verhoog die ouderdom van verpligte skoolbywoning van 16 jaar na 18 jaar, en verseker dat leerders met spesiale onderwysbehoeftes en probleme geakkommodeer word. Dit lê klem op die voorkoming en bestuur van leerlingswangerskap, en ‘n veilige en gesonde skoolomgewing, wat skoolgesondheidsdienste insluit. Dit omvat ouerlike verantwoordelikheid teenoor leerders, en leerders se deelname aan skoolbestuur. Die wet beklemtoon ook kwessies van leerderdissipline, en kyk na die verantwoordelikheid van ouers om hul kinders te motiveer vir opvoeding en vir goeie gedrag en dissipline.