Nuwe Nanso-president het groot planne
Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het by sy 18de elektiewe kongres vir Dorothea Nangolo, die organisasie se woordvoerder, as die nuwe president verkies. Nangolo neem die plek van Lucia Ndishishi in. Nanso het ‘n perskonferensie vir môre by die Nasionale Jeugraad geskeduleer om die uitkomste van die kongres aan te kondig. Kosmos 94.1 Nuus het met Nangolo gesels oor haar planne vir Nanso.