Nuwe M-pokke-stam is baie gevaarliker

Die nuwe M-pokke-stam Clade 1b wat blykbaar makliker van persoon tot persoon versprei, het erger simptome en ‘n hoër sterftesyfer. Navorsers in die Demokratiese Republiek die Kongo waarsku dit kan wêreldwyd versprei. Die stam is die eerste keer in September aangemeld onder sekswerkers in die myndorp Kamituga, sowat 273 kilometer van die grens met Rwanda. Daar is nou reeds ongeveer 1 000 bevestigde gevalle in die land se Suid-Kivu-provinsie aangemeld. Die Wêreldgesondheidsorganisasie en ander wêreldwye gesondheidsliggame beplan ‘n noodinentingsveldtog in Suid-Kivu.