Nuwe LPM LP stel haarself voor  

Nadat die Landless People’s Movement se hoofsweep, Henny Seibeb, uit die party en die parlement bedank het, is Agnes Tjiramba aangestel om sy setel in die Nasionale Vergadering te vul. Aina Hanganeni Kodi vervang Edson Isaaks, wat saam met Seibeb bedank het. Tjiramba het in haar nooienstoespraak in die parelement verklaar dat die skoolkurrikulum geskep is om wit oppergesag te weerspieël, en dit het tot haar aktivisme gelei.