Nuwe LP vra vir BIG

Linus Muchila van die All People’s-party is op 13 September in die Nasionale Vergadering deur regter Dave Smuts as parlementslid ingesweer. Hy vervang Erastus Shuumbwa wat uit die Nasionale Vergadering bedank het. Muchila het sy nooienstoespraak in die parlement gelewer en die belangrikheid van ‘n basiese inkomstetoelaag beklemtoon.