Nuwe kondoomtender sal teen einde November gereed wees

Die berugte sogenaamde kondoom-tender het weer in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom. Gesondheidsminister Kalumbi Shangula het in die NV verduidelik dat die omstrede tender gekanselleer is en ‘n nuwe tender ter waarde van 67 Namibiese dollar vir die voorsiening van kliniese voorrade in Julie geadverteer is. Shangula sê die tender behoort teen die einde van die maand gefinaliseer te wees.