Nuwe klaskamers is druppel in die emmer

Plaaslike media berig dat die onderwysministerie dringend 510 klaskamers landswyd moet oprig om die groeiende getal leerders te akkommodeer. Maar, terwyl daar beraam word dat die klaskamers teen die einde van die jaar voltooi sal wees, is dit blykbaar ‘n druppel in die emmer omdat amper 4 500 klaskamers nodig is. Maar, daar is nie geld nie. Die ministerie het 22,5 persent van die begroting ontvang, 16,7 miljard Namibiese dollar maar, net 3,4 persent hiervan is aangewys vir ontwikkelingsprojekte. Daar is ook 70 ablusie-fasiliteite nodig in beide landelike en stedelike gebiede. Die ministerie is bekend vir sy uitdagings met 32 persent van skole in die land wat geen telekommunikasie vermoë het nie terwyl 18 persent sonder elektrisiteit is. Die groter meerderheid van die ministerie se begroting word aan salarisse bestee.