Nuwe Katutura-distrikshospitaal uiters belangrik

Tenders wat verband hou met die konstruksie van ‘n distrikshospitaal in Katutura is oop. Daar word gevra vir grootmaat elektriese dienste vir plaas 1024 in Havana. Bodde is ook oop vir toegangspad- en grootmaat waterdienste by dieselfde erf. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur van gesondheid, oor die tenders en die belangrikheid van die nuwe hospitaal.