Nuwe Jhb-speaker wil aan die werk spring

Die nuutverkose speaker van die Johannesburgse raad, Margaret Arnolds, sê sy wil verseker dat die raad vlot bestuur word en dienste aan die inwoners van die provinsie gelewer word. Die raadslid van die African Independent Congress vervang Colleen Makhubele, wat verlede week as ‘n Congress of the People-raadslid afgedank is. Volgens die ANC/EFF/PA-geleide koalisieregering word die posisie van speaker aan ‘n minderheidsblok toegeken en hulle het besluit die vakature moet deur Arnolds gevul word. Sy sê sy is gereed om aan die werk te spring: