Nuwe ID-kaarte vir vlugtelinge in die gees van Pan-Afrikanisme

Die Namibiese immigrasieministerie se woordvoerder het bevestig dat nuwe identiteitsdokumente vir vlugtelinge uitgereik gaan word wat die Afrika-gas ID-kaart genoem sal word. Volgens ‘n verklaring van die ministerie is dit in die gees van Pan-Afrikanisme, want Namibië ag diegene wat asiel soek as gaste. Die ministerie sal nou saam met die Verenigde Nasies se kommissaris vir vlugtelinge volgens internasionale wette werk. Margaret Kalo, woordvoerder van die ministerie sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom besluit is om die identiteitskaart vir vlugtelinge die Afrika-gas ID te noem.

Kalo beklemtoon dat die kaarte slegs aan erkende vlugtelinge uitgereik sal word en nie aan elke persoon wat vlugtelingstatus of asiel in Namibië soek nie.