Nuwe Gautengse premier se kabinet bestaan uit meer vroue

Die nuut-aangestelde Gautengse premier, Panyaza Lesufi, sê sy kabinet bestaan uit meer vroue. Lesufi het die media toegespreek oor die skommeling van die LUR’e in die provinsiale regering. Hy sê die ANC is verbind tot die taak om geslagsgelykheid in regeringstrukture teweeg te bring. Hy het ook sy vertroue uitgespreek dat sy administrasie die stryd teen korrupsie voorop sal stel.