Nuwe Europese Superliga sal gratis wees

Sokker: Die promotors van die Superliga, A22 Sports, het planne bekendgemaak vir ‘n gratis toernooi met 64 klubs. Dit volg kort na die historiese uitspraak deur die Geregshof van die Europese Unie, wat UEFA se monopolie van 69 jaar beëindig. Die uitvoerende hoof van A22 Sports, Bernd Reichart, sê die liga sal wedstryde gratis regstreeks uitsaai en wedstryde vir mans en vroue sal ewe sigbaar en toeganglik wees. Volgens Reichart sal elke klub 14 wedstryde speel voordat hulle die uitklopfases bereik.