Nuwe Eskom logo is soos lipstiffie op ‘n siek vark
Die DA kritiseer Eskom se besluit om tenders te vra vir ‘n nuwe logo en korporatiewe identiteit, en sê dit is onnodig en dra niks by tot die voortslepende kwessies van hoë elektrisiteitstariewe en beurtkrag nie. Die party beskou dit as van so ʼn aard dat Eskom eerder daarop moet fokus as om die logo te verander. ʼn Woordvoerder van die DA, Ghaleb Cachalia, sê verbruikers spook met die hoë lewenskoste as gevolg van verhoogde tariewe, ten spyte van ʼn aansienlike reddingsboei van die regering: