Nuwe Eskom-hoof binnekort aangestel

Die Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê die aanstelling van ‘n nuwe uitvoerende hoof vir Eskom is op hande. Gordhan het in die parlement gesê die keuringsproses nader afhandeling en die direksie sal binne die volgende maand ‘n amptelike aankondiging maak. Die waarnemende uitvoerende hoof, Calib Cassim, is in beheer sedert André de Ruyter skielik in Februarie weg is, na sy bewerings van korrupsie by die kragvoorsiener.