Nuwe era begin in manstennis, en dis goed: Sinner

Tennis: ʼn Nuwe era is vanjaar ingelui nadat die Drie Grotes die eerste keer in 22 jaar nie een van die vier Grand Slam-toernooie kon wen nie. Rafael Nadal van Spanje, Roger Federer van Switserland en Novak Djokovic van Serwië het sedert 2002 elke jaar minstens een van die titels opgeraap. Vanjaar het die jonger geslag, Jannik Sinner van Italië en die Spanjaard Carlos Alcaraz, elkeen twee titels gebuit. Sinner, wat die Amerikaanse Ope gewen het, glo nuwe kampioene is goed vir tennis.