Nuwe egskeidingswet deur Dausab in parlement voorgelê
Die wetsontwerp op egskeiding is deur justisieminister Yvonne Dausab in die Nasionale Vergadering voorgelê. Dit sal die huidige egskeidingswet vervang, wat ‘n skuldige gade en ‘n onskuldige gade vereis, asook ‘n persoonlike verskyning in die hoërhof. Dit beteken egskeiding is so duur en ongerieflik dat sommige paartjies van bed en tafel skei, sonder om formeel in die hof te skei. Dit het dikwels nadelige gevolge. Dausab het verklaar dat mense ‘n grondwetlike reg het om te kies of hulle in ‘n huwelik wil bly. Geen godsdiens, morele geloofstelsel of wet moet hulle dwing om getroud te bly nie. Dausab verduidelik wat die wetsontwerp behels.