Nuwe egskeidingswet bring voordele vir all partye

Die huidige verouderde egskeidingswet vereis ‘n skuldige gade en ‘n onskuldige gade, en noodsaak ‘n persoonlike verskyning in die hooggeregshof. Dit beteken egskeiding is tans so duur en ongerieflik dat sommige getroude paartjies van bed en tafel skei, sonder om formeel in die hof te skei, wat dikwels nadelige gevolge het. Die Wetsontwerp op Egskeiding sal in die 9de parlementsitting in die Nasionale Vergadering op die agenda kom. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Yolande Engelbrecht, die koördineerder in die afdeling Gender by die Regsbystandsentrum, wat sê die nuwe wet sal beteken dit sal veel goedkoper wees om te skei en sal ook ander voordele inhou.