Nuwe egskeidingswet amper klaar

Plaaslike berigte lui dat die minister van justisie, Yvonne Dausab sê die nuwe wetgewing in verband met egskeidings is in sy finale stadium en sal binnekort ter tafel gelê word in die Nasionale Vergadering vir bespreking. Die nuwe wetgewing sal die bepaling dat een van die partye skuldig is aan iets, verwyder. Die vier hoof bepalings van skuld in ‘n egskeiding is volgens haar ook verouderd. Die nuwe wet sal ook toelaat dat egskeidings self hanteer kan word wat die kostes sal verwyder. Op die oomblik is ‘n advokaat nodig omdat ‘n egskeiding deur die hoërhof toegestaan word. Daar is ook spesiale bepalings vir kinders wat die trauma verwyder wanneer paartjies skei. Sekere bepalings van dokumente in verband met die egskeiding sal ook konfidensieel wees. Op die oomblik is alle aspekte van die dokumente openbaar.