Nuwe dinosourus ontdek

ʼn Nuwe reuse-dinosourus is ontdek met die grootste kraag-horings wat nóg onder hierdie prehistoriese diere gevind is. Die Lokiceratops rangiformis wat soos ʼn renoster gebou is, is na die Noorse god, Loki, vernoem. Sy fossiel is in die Amerikaanse staat Montana opgegrawe. Die dinosourus wat byna 78-miljoen jaar gelede die aarde bewandel het, het ʼn unieke kraag met minstens 20 horings gehad, en was volgens wetenskaplikes 6,7 meter lank. Dit het sowat 5,5 ton geweeg en ʼn sterk snawel aan die voorkant van sy bek gehad waarmee hy in laaggroeiende plante gewei het.