Nuwe datums kom vir Agribank-weiveld sessie
Agribank werk voortdurend daaraan om boere regoor Namibië te bemagtig deur gratis kursusse en seminare aan te bied wat daarop gemik is om veerkragtigheid te bou en landboupraktyke te verbeter. Onlangs is ‘n geleentheid wat vir môre by Jan Möhr Sekondêre Skool in Windhoek geskeduleer is oor basiese weiveld-rehabilitasiepraktyke gekanselleer weens eksamens wat by die lokaal geskryf word. Agribank beplan om binnekort ‘n nuwe datum en plek vir hierdie sessie aan te kondig, om te verseker dat boere steeds die geleentheid het om voordeel te trek uit hierdie waardevolle opleiding. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van Agribank, Fillemon Nangonya, gepraat.