Nuwe datum bygevoeg vir Sting se SA toer

‘n Nuwe datum is gevoeg by die wenner van 17 Grammy-toekennings, Sting, se bekroonde “My Songs”-toer in Suid-Afrika. ‘n Konsert op die vyfde Februarie by die SunBet-arena in Time Square, Pretoria, is toegevoeg. Sy konserte in Kaapstad by die Grand Arena, GrandWest, op die eerste en tweede van volgende maand en die vierde in Pretoria, is reeds uitverkoop. Sting gaan liedjies sing wat strek oor meer as ses dekades van sy roemryke loopbaan, insluitend sommige van sy gewildste liedjies, soos “Every Breath You Take”,  “Fields of Gold” en “Shape of My Heart”.