Nuwe balle vir SARU
Vanaf 1 Januarie 2025 sal SARU se amptelike balverskaffer verander van Gilbert na Rhino Rugby SA. Rhino Rugby SA sal uitsluitlik balle verskaf vir alle wedstryde wat onder die vaandel van Saru gespeel word. Dit sluit in toetse, provinsiale en streekswedstryde. Die nuwe kontrak strek tot 2032 maar vir tyd en wyl bly Gilbert die balverskaffer-vennoot.