Nuwe Aussie-premier raak Spele-beplanning
Die debat oor die hoofstadion van 2032 se Spele in Brisbane, Australië, sal na verwagting weer opvlam nadat David Crisafulli vanoggend as nuwe premier van Queensland ingehuldig is. Sy Liberale Nasionale Party het die naweek se verkiesing gewen. Crisafulli se voorganger, Steven Miles, wou die Lang Park-rugbystadion vir die openingseremonie gebruik om uitgawes te beperk. Crisafulli is ook gekant teen die bou van ‘n nuwe stadion, maar oorweeg glo die opknapping van die Gabba-krieketstadion.