Nuwe apparaat vir waternavorsing in New York ontwikkel
Navorsers by New York se Binghamton Universiteit het ʼn selfaangedrewe apparaat ontwikkel wat oor water kan gly met ‘n moontlike uitwerking op water-robotika. Die doel is om probleme in water, wat 71-persent van die Aarde se oppervlak beslaan, te hanteer. Professor Seokheun Choi sê die water-robot is meer betroubaar onder moeilike omstandighede as sonkrag-, kinetiese of termiese energiestelsels. Hy sê die vernuwende tegnologie kan die manier waarop data in see-gebiede ingesamel en oorgedra word, verander en monitering van die omgewing en maritieme bedrywighede verbeter.