Nuwe All Black-kaptein versigtig vir Japan

Rugby: Die All Blacks-slot Patrick Tuipulotu is skrikkerig vir Japan in môre se toets in Yokohama. Hy sal Nieu-Seeland aanvoer terwyl die gereelde kaptein, Scott Barrett, nie saam na die ooste gereis het voor hulle Europese toer met wedstryde teen Engeland, Ierland, Frankryk en Italië nie. Die All Blacks is die gunstelinge om môre te wen, maar Tuipulotu is bewus Japan het ‘n kans om geskiedenis te maak. Hy sê hulle het nog nooit ‘n wedstryd teen Japan verloor nie, maar wil nie toelaat dat dit gebeur nie.