Nuwe aantygings teen FIA-baas

Formule 1 se beheerliggaampresident, Mohammed Ben Sulayem, staar nuwe aantygings in die gesig. Hy word nou daarvan beskuldig dat hy amptenare aangesê het om nie die Las Vegas-baan vir die wedren verlede jaar te sertifiseer nie. Na wat verneem word, is die eis van dieselfde fluitjieblaser afkomstig, wat die FIA-president daarvan beskuldig het dat hy aan amptenare sou gesê het om ‘n straf van die Aston Martin-bestuurder Fernando Alonso om te keer in Saoedi-Arabië verlede jaar. Die FIA het bevestig dat sy voldoeningsbeampte ‘n verslag ontvang het waarin bewerings uiteengesit word waarby sekere lede van beheerliggame moontlik betrokke is.