Nuutontdekte bandopnames van Jimi Hendrix word opgeveil

Bandopnames van Jimi Hendrix, wat nog nooit voorheen gehoor is nie, word volgende maand per veiling in Brittanje verkoop, 54 jaar na die rock-ster se dood. Die demo-opnames uit 1968 is ongeveer sewe minute lank en glo weergawes van Up From The Skies, Ain’t No Telling, Little Miss Lover en Stone Free. Elkeen sal na verwagting honderde-duisende pond haal. Ander items wat te koop is, sluit in betaalstrokies vir Hendrix en sy orkeslede, ‘n handgeskrewe vorm deur die musikant om sy geboortesertifikaat aan te vra en verskeie persoonlike kwitansies.