Nuusspan aangeval in die Oekraïne

‘n Suid-Afrikaanse televisie-nuusvervaardiger en haar vier spanlede is uit Oekraïne ontruim nadat twee van hulle geskiet is, vermoedelik deur ‘n Russiese moord-span. Dominique van Heerden, wat vir Sky News werk, was in ‘n motor saam met haar kollegas, insluitend hoof-korrespondent Stuart Ramsay, toe hulle onder skoot gekom het na ‘n onsuksesvolle poging om die dorp Bucha naby Kyiv te besoek. Britse media berig Ramsay is in die lae rug geskiet en twee skote het die kameraman, Richie Mockler, se koeëlvaste baadjie getref.