Nuusagentskappe onttrek jongste foto van Kate weens manipulasie
Talle groot nuusagentskappe het ʼn foto van die Prinses van Wallis en haar kinders onttrek en sê hulle vermoed die foto is gemanipuleer. Kensington-paleis het gister die foto uitgegee wat prins William geneem het. Dis die eerste foto van Catherine sedert haar maagoperasie in Januarie. Associated Press sê een van die dinge wat hy in die foto opgemerk het, is die posisie van prinses Charlotte se linkerhand. Reuters en die Franse nuusagentskap, Agence France-Presse, het ook die foto onttrek.