Nutsmaatskappye in lande soos Namibië nie volhoubaar nie

‘n Wêreldbankverslag waarsku slegs 40-persent van die nutsdienste in ontwikkelende lande is finansieel volhoubaar. Hoë koste, lae tariewe en ondoeltreffendheid belemmer nutsdienste se vermoë om in die groeiende aanvraag na krag te voorsien en hernubare energie in te stel. Die verslag dring aan op sterk beleide, langtermyn-befondsing en verbeterde nutspraktyke om die wêreldwye energie-oorgang te ondersteun. Ontwikkelings-bevondsers moet gunstige kapitaal verskaf om oorgangskoste te verreken en te verseker nutsdienste kan skoon, betroubare en bekostigbare elektrisiteit aan ‘n groeiende kliëntebasis lewer.