Nust, vakbonde kom ooreen oor salarisverhogings

Nust, die Namibië Openbare Werkersunie en die Onderwysersunie van Namibië het ooreengekom oor salarisverhogings vir die universiteit se personeel. Administratiewe en akademiese personeel sal ‘n verhoging van 7 persent ontvang, terwyl uitvoerende bestuur ‘n verhoging van 4,9 persent sal kry. Daarbenewens sal spesifieke posgrade vervoertoelae ontvang. Beide Nust en die vakbonde het tevredenheid met die onderhandelinge uitgespreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nashilongo Gervasius, die woordvoerder van Nust.