Nust se satellietkampus maak in Lüderitz oop
Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se satellietkampus in Lüderitz by die Ou Kragstasie word vandag amptelik geloods. Voor die amptelike bekendstelling het Nust ‘n openbare lesing oor die olie- en gasbedryf in Namibië aangebied. By die geleentheid het professor Samuel John, ‘n senior lektor by Nust, kortliks verduidelik watter kursusse by die kampus aangebied gaan word.