NUST open kampus op Eenhana

Die eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het vandag die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se kampus op Eenhana in die Ohangwena-streek geopen. Sy sê dit bevorder groter toegang vir landelike gemeenskappe tot onderrig en skep nuwe werksgeleenthede. Die eerste minister voeg by dat studente nie meer ver van die huis en families af te studeer nie en nog satellietkampusse moet gestig word om stedelike migrasie te verminder.