Nust en Duitse universiteit bied toerisme-slypskool aan

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se departement van gasvryheid en toerisme in samewerking met Baden-Württemberg Staatsuniversiteit Ravensburg in Duitsland, gaan ‘n toerisme-werkswinkel onder die tema “Re-igniting the Tourism Industry in Namibia” op 20 April aanbied. Die universiteit se professor-doktors Conny Mayer-Bonde, Stefan Luppold en Wolfgang Fuchs sal die gassprekers by die werkswinkel wees. Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die belangrikheid van hierdie werkswinkel.