Numsa veroordeel Comair se opheffing van vlugte

Die metaalwerkersvakbond Numsa veroordeel die hoofbestuurder van Comair Glenn Orsmond oor die opheffing van die redery se bedrywighede. Die vakbond het met die bestuurspan vergader om die toekoms te bespreek. Comair het vrywillig sy operasies opgeskort weens ‘n kontantvloei-krisis. Tydens die vergadering het die bestuur hoë brandstofpryse deels die skuld gegee vir sy finansiële probleme. Phakamile Hlubi-Majola van Numsa sê hulle wil weet of werknemers tydens die opskorting hulle salarisse sal kry.