Numsa takel Denel oor werkers se lyding

Die metaalwerkersvakbond Numsa het ‘n plakkaatbetoging by Denel se kantore in Centurion, Gauteng, gehou omdat bestuur die afgelope vyf jaar al weier om salarisverhogings toe te staan. Die vakbond skryf dit toe aan die regering se poging om die wapenvervaardiger te privatiseer. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola beweer werkers is toenemend onder druk weens salaris-agteruitgang wat talle finansieel en sielkundig verpletter het.