Numsa stel ultimatum aan Putco Busdiens

Numsa het ‘n vyf-dae-lange ultimatum aan die Putco-busdiens gestel om skriftelik te reageer op sy eise rakende die behandeling van geskorste werkers. Numsa-lede het vandag by Putco se kantore betoog. Die nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die eise het ‘n einde aan die weerhouding van salarisse ingesluit, selfs al verskaf werkers mediese sertifikate, en Putco se mishandeling van geskorste werkers moet ook onmiddelik staak.