Numsa skaar hom by die regte van LGBT-werkers 

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, het sy verbintenis tot die bekamping van diskriminasie in die werkplek op grond van geslagsidentiteit en seksuele oriëntasie herbevestig. Die vakbond neem deel aan die konferensie van die Internasionale Lesbiese, Gay-, Biseksuele, Trans- en Interseksvereniging in Kaapstad, wat vandag ten einde loop. Hulle sê alle werkers, ongeag hul identiteit, verdien beskerming. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, is gekant teen alle vorme van vooroordeel en verwerp pogings om die werkersklas te verdeel: