Numsa ruk op oor aanhouding van Amerikaanse aktivis

Die metaalwerkersvakbond Numsa beplan vandag ‘n optog na die Amerikaanse ambassade in Pretoria ter ondersteuning van sy oproep vir die onmiddellike vrylating van die Amerikaanse politieke aktivis en joernalis, Mumia Abu-Jamal. Hy het reeds meer as 40 jaar in die tronk deurgebring vir die moord op die polisieman, Daniel Faulkner, in 1981. Abu-Jamal se verdedigingspan hoor Donderdag of ‘n nuwe verhoor toegelaat sal word. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê waar daar onreg is, het hulle ‘n verantwoordelikheid om dit te teen te staan: