Numsa hof toe om beurtkrag te stop

Numsa het dokumente by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ingedien om die staat te dwing om beurtkrag te staak. Volgens die vakbond tree die ANC-regering nie vinnig en beslissend op om die vernietigende beurtkrag stop te sit nie want dit saboteer die ekonomie en die mense van Suid-Afrika. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola sê beurtkrag vernietig poste en mense se inkomste en dit lei tot die dood van pasiënte in hospitale.