Numsa eis dat Comair-hoof verwyder word

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond, Numsa, het gevra vir die verwydering van die uitvoerende hoof van Comair, Glen Orsmond. Lede van die vakbond het Vrydag voor die onderneming se hoofkwartier in Kemptonpark, Gauteng, betoog. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Orsmond het keer op keer bewys hy is nie in staat om die lugdiens doeltreffend te bestuur nie. Sy sê lede is diep teleurgesteld oor die besluit om Kulula en British Airways se vlugte op te skort weens die onsekerheid wat hulle in die gesig staar: