Numsa dien voorleggings in oor Heineken-Distell ooreenkoms

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê hy het by die Mededingingstribunaal voorleggings ingedien oor Heineken se oorname van Distell. Heineken, die wêreld se tweede grootste biervervaardiger, wil die Distell-groep oorneem in ‘n transaksie wat 23,8 miljard Namibiese dollar beloop. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê daar moet geen afdankings na die oorname wees nie en indien die saamgesmelte onderneming binne vyf jaar mense wil afdank., moet hy bewys dit hou nie met die samesmelting verband nie: