Nujoma stel N$18 per uur voor vir minimumloon

Na talle konsultasies regoor die land gehou is oor ‘n nasionale minimumloon, het die arbeidsminister Utoni Nujoma 18 Namibiese dollar per uur voorgestel. Volgens Nujoma wil hy die finale besprekings en kabinetsgoedkeuring dringend voltooi om teen die eerste kwartaal van volgende jaar die loon te implementeer. Hy sê vakbonde sal dan beter lone vir hul lede kan beding omdat die 18 dollar as minimumloon ingestel sal word. Hy voeg by dat daar ook vordering gemaak word met ‘n nasionale pensioenfonds wat deur die Maatskaplike Voorsorgkommissie bedryf sal word.