Nujoma se kleindogter sterf, geestesgesondheid die groot uitdaging
Niita Nujoma, die dogter van die arbeidsminister Utoni Nujoma en stigterspresident Sam Nujoma se kleindogter, wat vroeër die week as vermis aangemeld is, is Vrydagmiddag gevind in ‘n rivierbed in Cimbebasia. Sy het volgens wat berig word, selfmoord gepleeg. Nujoma het groot uitdagings gehad met haar geestesgesondheid. Geen verdere besonderhede is bekend nie soos inspekteur Silas Shipandeni van die Khomas-polisie verduidelik.