Nujoma gehospitaliseer, ‘vorder goed’
Die Presidensie het ‘n verklaring uitgereik dat die 95-jarige stigtingspresident Sam Nujoma verlede week as ‘n roetine- en voorkomende maatreël gehospitaliseer is weens ‘n infeksie. Volgens die verklaring maak hy uitstekende vordering in sy herstelproses, onder die wakende oog van ‘n bekwame mediese span. Dr. Thali Iithete, Nujoma se persoonlike dokter, bedank namens die familie almal wat vir hom gebid en ‘n spoedige beterskap toegewens het. Hy vra ook dat almal Nujoma se beroep vir eenheid en doelgerigte aksie huldig om ‘n helder toekoms te bewerkstellig.