Nujoma beywer vir heraanstalleing van Podewitz

Die heraanstelling van die Diensbillikheidskommissaris, Otniel Podewitz, het in die Nasionale Vergadering onder die loep gekom. Die versoek om Podewitz her-aan te stel is deur arbeidsminister Utoni Nujoma gedoen. Die versoek is deur verskeie parlementslede ondersteun. Een van die sleutel-funksies wat die ekwiteitskommissaris vervul, is om toe te sien dat regstellende aksie in verskeie sektore geïmplementeer word. Nujoma het ‘n betoog gelewer vir Podewitz se heraanstelling wanneer sy termyn op 31 Maart eindig.