Nudo sprei sy vlerke

Namibiese politieke partye besef dat partye gebaseer op etnisiteit hulle nie reg sal laat geskied tydens nasionale verkiesings nie. Dit was duidelik in die toespraak van die president van National Unity Democratic Organization, Nudo, dr. Esther Muinjangue. Sy het beklemtoon dat Nudo nie net vir die OvaHerero-gemeenskap is nie. Sy het hierdie opmerkings gemaak tydens die eerste Nudo nasionale raad se jeugliga-vergadering. Dr. Muinjangue het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die party alle Namibiërs verwelkom en sy vlerke sprei.