Nudo sê daar’s te veel presidensiële kandidate 

Die National Unity Democratic Organisation, Nudo, het nie ‘n kandidaat vir die presidensiële verkiesing genomineer nie. Sekretaris-generaal Josef Kauandenge het daarop gewys dat, ten spyte van die party se interne uitdagings, die hoë aantal presidentskandidate onprakties is vir ‘n land met so ‘n klein bevolking. Daar is 18 kandidate wat om die presidentskap sal meeding, asook drie onafhanklike kandidate wat op ‘n besluit van die Verkiesingskommisie wag.